KRIEKET NUUS - 'n Twee-dag Vlakkie Kriekettoernooi is oor Jeugdag-naweek op Groot Brak aangebied. Die toernooi is deur verskeie rolspelers insluitend die Groot Brak SAPD se Sersant Laurianne Botha, raadslid Donovan Claassen en Mayflower Krieket se Riaan Prins, Randy Wesso, Clint Volkwyn en Earl van Aswegen gereël.
Sersant Botha sê die kinders het die twee dae werklik geniet en die doel is om nog toernooie in die area aan te bied - die doel is om misdaad uit te boul.
"Dis om te voorsien dat die jongmanne die reëls verstaan en hulle uitleef in die lig van die T20 Krieketwêreldbeker. Dit gee ook die jongmanne die nodige energie om hulle uit te leef in 'n regte lewens scenario. Krieket het ietwat stagneer in die gemeenskap van Groot-Brakrivier en wat is 'n beter manier om die jongmanne te inspireer op en romdom Jeugdag?"
Die organiseerders het Groot Brak Sekondêr se skoolhoof, Desmond Speelman bedank vir die gebruik van die skool se velde om die toernooi aan te bied en 'n sukses daarvan te maak. Ouers is ook bedank vir hul kinders se deelname.
Trishan Botha is as Kolwer van die Toernooi aangewys.
Riaan Prins en sy dogter Lilly gee vir Euniquin Bayman 'n sertifikaat en trofee as bouler van die toernooi aangewys. Agter hom is Virgil Treurnicht.
Stanton Louw ontvang 'n sertifikaat en trofee ná hy as Speler van die Toernooi aangewys is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’