TUINROETE | NUUS - Basil George, 'n leerder van Hoërskool Sao Bras, het sy skool behoorlik op die krieketverhoog geplaas danksy uitnemende krieketprestasies.
Basil het merkwaardig presteer die afgelope krieketseisoen. Hy het danksy sy prestasie verskeie provinsiale en nasionale krieketspanne gehaal.
"Basil se drome vir die toekoms is groot en hy is 'n speler om dop te hou vir die toekoms," berig een van sy afrigters, Devan Muller van die D'Almeida-kriekethub.
Basil het die volgende spanne gehaal gedurende die afgelope krieketseisoen: SWD o/19-seuns; Wes-Kaapse o/19-seuns; SA Skole o/19 Colts, SWD Colts, SWD Rural, SA Rural en SWD o/19 T20-span.
"Wat hierdie prestasies so besonders maak is dat dit binne 'n kort tydperk van ses maande behaal is."
Basil is van jongs af 'n kranige krieketspeler en 'n uitblinker op die krieketveld.
Hy is tans verbonde aan Sussex-krieketklub en D'Almeida Hub, verantwoordelik vir die ontwikkeling van belowende spelers.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'