SUID-KAAP NUUS - Met al die SWD-krieketspelers hierdie naweek beskikbaar om vir hul klubs te speel, sal krieket van hoogstaande gehalte in die Premierliga opgedis word.
Union Stars, wat bo aan die punteleer lê, sal baie selfversekerd van Oudtshoorn na Plettenbergbaai reis om Pioneers die stryd aan te sê. Met Union Stars wat weg speel, sal Western Hope in die volstruishoofstad bly om die onoorwonne Mosselbaai met kolf en bal aan te vat.
Die wedstrydbepalings is:
Saterdag 25 November
Premierliga
Ramblers teen Harlequins Magte, Western Hope teen Mosselbaai, Pioneers teen Union Stars, Pacaltsdorp United teen Pirates United en NMU Madibaz George teen George.
Reserweliga
Bongolethu B teen Union Stars C, Mosselbaai C teen George C, Mayflower B teen Thembalethu B.
Sondag 26 November
Reserweliga
Pirates United B teen Harlequins Magte B, Sussex B teen Pioneers B, Ramblers B teen Western Hope B, Union Stars B teen Pacaltsdorp United B en Thembalethu B teen Hartenbos B.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'