Dit was Dinsdag die boodskap van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, aan Afrikaanse skole.
Lesufi het gesê duisende kinders in Gauteng soek nog plek by skole vir volgende jaar en Afrikaanse staatskole sal hul deure vir hulle moet oopgooi – of daardie kinders nou Afrikaans is of nie.
Lesufi is Dinsdag deur Khume Ramulifho, DA-woordvoerder oor onderwys in Gauteng, in die provinsiale wetgewer uitgevra oor die provinsie se gereedheid vir die 2016- akademiese jaar.