MOSSELBAAI NUUS - Lede van die vrouegroep, Breathe, het op Dinsdagaand, 1 November weer lekker saam gekuier as vroue wat breathe.
Erika Beetge van Breathe sê, "Nickey Ras het ons op so ‘n mooi en besonderse manier kom herinner en uitgedaag om te “sien” wat in ons hand is en hoe ons ‘n verskil kan maak deur net te wees wie ons is en te deel wat ons het.
Sy het ons herinner dat die bietjie wat ons het meer as genoeg is in die regte Hande.
"Breathe se vroue-connect-aande is vir alle vroue van die omgewing. Boek vir jou elke eerste Dinsdag van die maand uit en kom breathe net 'n bietjie. Kom luister na bemoediging en ander se stories en ontmoet wonderlike vroue ...soos jy.
Ons hoop om julle almal die eerste Dinsdag in Desember - die 6de- te sien vir ons laaste kuier vir die jaar."
Toegang beloop R20 per persoon. Die vroue-connect-aand vind by die Dias-museum plaas en begin om 18:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'