Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Ses vriende van Albertinia se naweek het in ‘n nagmerrie verander toe Arno van der Mescht (21), tydens ‘n staptog op Mosselbaai in die see beland het nadat ‘n brander hom van die rotse afgespoel het.
Van der Mescht is tans nog nie gevind nie.
Jaco Klaassen, Shawn Botha, Hugo Pieterse, Shaney Schubbe en Cornelia Botha het saam met Van der Mescht op Sondag, 20 Maart op die St. Blaize-roete gestap.
Die stappers het na die grotte op dié roete in die omgewing van Cecil Sheperdstraat gestap waar die tragedie plaasgevind het.
Botha en Klaassen het met Mossel Bay Advertiser gesels oor wat op die rotse gister gebeur het.
Die vyf vriende van Arno van der Mescht op die toneel vandag, 21 Maart. Van links is Shawn Botha, Jaco Klaassen, Cornelia Botha, Hugo Pieterse en Shaney Schubbe. Foto: Jannie du Plessis
VIDEO: Vriende praat na 21-jarige onder water verdwyn
Barnie Tromp met sy blou helikopter, Mosselbaai helikopters en die NSRI asook soekspanne langs die kuslyn het vanoggend 21 Maart gesoek maar tot dusver is Arno van der Mescht nog nie gevind nie.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'