Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Voormalige onderwyser (44) van Laerskool Park het vanoggend, 20 Januarie, weer vlugtig in die Mosselbaai-streekhof op aanklagte van seksuele misdrywe verskyn.
Die aanklagte hou verband met dade wat hy na bewering tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke in
Mosselbaai met minderjarige kinders gepleeg het, onder meer seksuele aanranding en aanvoring.
Die saak is uitgestel na môre, 21 Januarie, sodat die hof sy pleitonderhandelinge kan oorweeg.
Die verdagte se identiteit mag volgens die mediawet eers bekendgemaak word nadat hy in die hof op die aanklagte teen hom gepleit het.
Hy is tans uit op borgtog.
Vorige artikels:
Voormalige Laerskool Park-onderwyser gaan op seksverwante aanklagte pleit
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’