MOSSELBAAI NUUS - Jean-Pierre Brits, voormalige SA-muurbalkampioen, sê die hoeveelheid mense wat by 'n muurbal geleentheid by die Mosselbaai Gholfklub opgedaag het was ongelooflik.
Mosselbaai Muurbalklub het hierdie week van Suid-Afrika se beste muurbalspelers te verwelkom vir dié geleentheid. Hierby ingesluit was Brits, Luhann Groenewald (SA se beste o.19 speler), Jonty Matthys (SA nommer 5) en Damian Groenewald (SA nommer 1).
"Die plaaslike lede was volop, en daar was selfs besoekers van Riversdal, Groot Brak en George," sê Brits.
"Die professionele spelers het eers vir 90min teen al die lede en junior lede gespeel. Daarna het ons vertoonwedstryde teen mekaar gespeel. Die wedstryde was in goeie gees gespeel en die gemeenskap was bederf met muurbal uit die boonste rakke.
"Aande soos hierdie is 'n fantastiese manier om die opwindenheid in die muurbalgemeenskap weer vlam te laat vat. Ons sien uit na die groei van muurbal in die Suid-Kaap."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’