Update
MOSSELBAAI NUUS - Terwyl Santos Haven 'n groot gedeelte van die eetsaal se dak wat onlangs inmekaar getuimel het op eie onkoste gaan herstel, baklei twee versekeringsmaatskappye nogtans oor wie vir die skadevergoeding verantwoordelik gehou moet word.
Die boukontrakteurs word ook glo deur die versekeringsmaatskappye van aandadigheid beskuldig.
Die dak het op Dinsdag, 9 Augustus inmekaar getuimel terwyl 'n boukontrakteur besig was om lekkasies aan die dak bó die eetsaal reg te maak.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Santos Haven is in 1985 as 'n projek deur die Mosselbaai Rotariërklub van stapel gestuur. Die voorsitter van die uitvoerende komitee van die Mosselbaai Rotariërklub, Fiona Williamson het aan die Mossel Bay Advertiser gesê elke versekeringsmaatskappy het sy eie ingenieursverslag na afloop van die voorval saamgestel.
Williamson sê hulle het tot op hede nog nie 'n finale antwoord van die versekeringsmaatskappye gekry nie.
Sy sê Santos Haven gaan uit hulle eie sak die dak herstel en hoop dat alles teen
1 Desember weer terug na normaal sal wees.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'