GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die 16-jarige meisie van Groot-Brakrivier, Rayne Ollier, is vroeg vanoggend, Woensdag, 18 Februarie, veilig gevind ná sy gister as vermis aangegee is.
Sers. Lauriane Botha, woordvoerder vir die Groot-Brak-polisie, het bevestig Rayne is omstreeks 01:00 vanoggend by die Shell-vulstasie in Voorbaai, Mosselbaai gevind.
Botha sê sy is ongedeerd en veilig onder die toesig van haar ouers, woonagtig in Friemersheim.
Voor sy gister as vermis aangemeld is, is Rayne laas op Maandag 16 Februarie by Pick n Pay Fraaiuitsig gesien nadat sy ’n rygeleentheid uit Friemersheim daarheen gekry het. ’n Soektog is geloods met verskeie rolspelers wat betrokke was. Botha sê verskeie leidrade is opgevolg.
Botha self, familielede, vriende en die gemeenskap het gisteraand weer bymekaargekom en in die rigting van Mosselbaai beweeg waarna Rayne by die vulstasie opgespoor is.
Die presiese omstandighede van haar verdwyning is nog nie bekend nie.
Vorige artikel:
Meisie (16) van Groot-Brak vermis, familie vra hulp met soektog
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’