Breaking News
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n 16-jarige dogter van Groot-Brakrivier, Rayne Ollier, is as vermis aangegee ná sy gistermiddag, Maandag, 16 Februarie, laas in Fraaiuitsig gesien is.
Rayne woon in Friemersheim en is ’n leerder by Groot-Brakrivier Sekondêre Skool.
Volgens haar familie het sy gistermiddag in die omgewing van Friemersheim ’n rygeleentheid na Pick n Pay Fraaiuitsig gekry - dit is hier waar sy die laaste keer gesien is.
Sy het swart, skouerlengte hare en het ’n rooi sokkertrui met lang moue, ’n denim kortbroek, en swart Puma-tekkies met wit sole aangehad. Sy het ook ’n pienk en swart Karrimor-rugsak by haar gehad.
Sou iemand weet waar sy is, of inligting het wat kan help om haar te vind, kan hulle die polisie of haar ma, Alizé, kontak:
• Groot-Brak-polisie, sers. Lauriane Botha: 073 551 7358/082 522 1682
• Alizé Ollier (ma): 066 411 9006
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’