Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Departement van Korrektiewe Dienste sê 'n kwessie van beweerde aanranding by die Mosselbaai Jeuggevangenis verlede jaar, is nog nie gefinaliseer nie.
Dit was in antwoord op die Mossel Bay Advertiser se navraag verlede week.
Daar word beweer drie gevangenes is op 13 Desember deur drie bewaarders met 'n krieketkolf aangerand.
Die departement het verlede jaar bevestig dat daar wel 'n voorval was, maar geen verdere besonderhede verskaf nie.
Die departement het (ook verlede jaar) gesê hy beskou die aantygings in 'n ernstige lig, maar dat die ondersoek sy gang moet gaan.
"Ons sal 'n verklaring uitreik sodra die formele verhore voltooi is," sê die departement.
Die departement sê verder hy kan nie bepaal wanneer dít sal wees nie en dat die proses sy gang moet gaan.
Vorige stories:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’