MOSSELBAAI NUUS - Drie gevangenes is na bewering op Dinsdag, 12 Desember, deur drie bewaarders in die Mosselbaai Jeuggevangenis met ‘n krieketkolf aangerand.
Volgens ‘n anonieme bron was daar ‘n insident tydens ete onder die gevangenes, waarna die bewaarders hulle na bewering na ‘n kantoor geneem en aangerand het.
Op Mossel Bay Advertiser se navrae het die Departement van Korrektiewe Dienste bevestig dat daar ‘n voorval by die gevangenis was, maar geen verdere besonderhede is verskaf nie.
Die bron sê hulle is nie na ‘n hospitaal geneem nie, ondanks die feit dat die een glo ernstig beseer was – hulle is glo bloot na hul selle teruggeneem.
Die bron beweer die insident is nie gerapporteer nie en word stilgehou.
Die departement sê die voorval word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’