Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Nege-en-twintig jarige man is in hegtenis geneem na die aanval op ‘n inwoner van Groot-Brakrivier.
Die bejaarde inwoner, Colin Bone, is vermoedelik Sondag by sy hoewe met ‘n piksteel aangerand. ‘n Buurman het Maandag op hom afgekom.
Sy voertuig, ‘n wit Opel Astra, wat gesteel is, is intussen in Villiersdorp gevind.
Bone is met ernstige kopbeserings na die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad vervoer.
Die verdagte is tans in aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiestasie en sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en diefstal van motorvoertuig. Verdere aanklagte mag dalk op die klagstaat gevoeg word.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’