Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Ses-en-twintigjarige man verskyn vandag in die Mosselbaai Landdroshof op ‘n aanklag van diefstal nadat ‘n brons kerkklok onlangs vanuit die kerktoring by die Verenigende Gereformeerde Kerk op Groot-Brakrivier gesteel is.
Die verdagte is vanoggend in George in hegtenis geneem.
AA Scrap Metal in George was in besit van die 45 jaar oue kerkklok, ter waarde van R70 000. Boonop het die skrootwerf die klok vir 'n skamele R476 gekoop.
AA Scrap Metal se eienaar staar ‘n aanklag van die besit van gesteelde goedere in die gesig.
Die klok is intussen weer aan die leraar van die gemeente oorhandig.
Vorige arikels:
- Skrootwerf in spervuur oor kerkklok
- Klerkklok vir R476 verkoop
- Gesteeld kerkklok op skrootwerf gevind
- Kerkklok gesteel
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'