Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n 24-jarige man is Maandag, 15 Julie, deur die polisie op Groot-Brakrivier gearresteer ná 'n huisroof in Avonddans Landgoed.
Die verdagte het na bewering 'n 41-jarige vrou in die vroeë oggendure van Maandag in haar huis in Avonddans met 'n mes gedreig tydens 'n huisroof.
Die verdagte het na bewering deur die huis se badkamervenster, wat op ‘n skrefie oop was, ingekom.
Volgens sers Laurianne Botha, woordvoerder vir die polisie op Groot Brak, is goedere ter waarde van R33 000, onder meer 'n skootrekenaar, iPhone en beursie met kaarte gesteel.
Al die goedere, behalwe die beursie, is egter na die inhegtenisname weer terug verkry.
Botha sê die Groot Brak SAPD het dadelik na die voorval as 'n span saam met die ondersoekende beampte, adjudant offisier Ferdi Nel, en speurders gewerk wat tot die suksesvolle arrestasie gelei het.
Die verdagte is steeds in aanhouding. Dit is onduidelik wanneer hy sy eerste hofverskyning sal maak.
Vorige artikel: Vrou met mes gedreig in Landgoed op Groot Brak
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’