Update
MOSSELBAAI NUUS - Nóg ‘n fietsryer is vanoggend dood toe hy deur ‘n voertuig naby Groot-Brakrivier getref is.
In ‘n onverwante voorval ook vanoggend op Hartenbos, het ‘n fietsryer van sy fiets afgeval.
Nooddienste is na die toneel naby die NG kerk ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.
Intussen het die Groot-Brakrivier polisie-kommunikasiebeampte, kst Laurianne Botha bevestig dat nog ‘n fietsryer vanoggend dood is, nadat hy op die R102 vanaf Fraaiuitsig in die rigting van Groot-Brakrivier gery het. Die man, in sy 60’s, is op die toneel dood verklaar.
Botha sê die 80-jarige motoris beweer die oorledene het in die geelstreep gery , maar toe na bewering skielik voor hom ingeswaai het.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag. Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'