Update
HARTENBOS NUUS - Nooddienste is ontbied na ‘n toneel in Hartenbos waar ‘n fietsryer vanoggend naby die NG Hartenbos beswyk het.
‘n Ooggetuie het gesien hoe ‘n onbekende man van sy fiets afval, probeer opstaan, weer val en toe bly lê.
Die ooggetuie het die buurtwag in kennis gestel waarna die ambulans ontbied is.
Polisie, asook buurtwaglede was op die toneel.
Navrae is aan die Da Gamaskop-polisie gerig en meer inligting word ingewag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'