MOSSELBAAI NUUS - Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nadat Marietha Willemse (79), in Junie vanjaar op die Pinnacle Point-landgoed vermoor is nie.
Marietha en haar man, Johannes, is op 4 Junie in hul huis op die landgoed oorval.
Johannes, wat aan Alzheimer se siekte en dimensie ly, het verskeie steekwonde opgedoen en Marietha is met 'n nekwond op 'n stoel in die slaapkamer gevind.
Johannes het die betrokke oggend alarm by die bure gemaak, waarna die polisie ontbied is.
Die landgoed is bekend vir sy streng sekuriteit en dit is tans 'n raaisel hoe die betrokke verdagte/s toegang tot die landgoed en die Willemse-woning gekry het.
Hoewel daar aanvanklik sprake was dat die polisie 'n moontlike verdagte het, het die KwaNonqaba-polisiestasie se kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp, die afgelope week aan Mossel Bay Advertiser bevestig dat geen verdagtes aangekeer is nie. Kapp sê die polisie is steeds besig met die ondersoek.
Die motief vir die moord is nie bekend nie. Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, ao Geoffery Moos, kontak by 044 606 5631.
Previous articles:
- 'Security was lax at Pinnacle Point'
- Pinnacle Point murder: police still awaiting forensic results
- 'Dynamic and loving'
- Murder investigation 'at sensitive stage'
- Pinnacle Point attack: husband still in hospital
- Pinnacle Point murder: Statement
- Update: Woman murdered at Pinnacle Point
- Woman murdered at Pinnacle Point
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'