MOSSELBAAI NUUS - 'n 46-jarige man is vanmiddag, Sondag 6 November, deur lede van die KwaNonqaba-polisie in hegtenis geneem en 'n saak van besigheidsroof en onwettige besit van 'n vuurwapen word ondersoek.
Volgens ao Kappie Kapp het drie rowers Sondagmiddag net na 15:00 die perseel van Topsave in Adriaanslaan ingegaan en die personeel met toemaaktyd, aangehou.
Een van die personeellede het met die polisie in aanraking gekom, terwyl die rowers nog in die winkel was. Die KwaNonqaba-polisie het dadelik gereageer en hul na die toneel gehaas.
Een man is in hegtenis geneem, terwyl die ander twee rowers weggekom het met 'n onbekende bedrag geld.
Enige iemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers Thabisa Links kontak op (044 606 5633).
Die bestuur van die KwaNonqaba-polisie het die lede geloof met hul vinnige optrede en ook die Langeberg Honde-eenheid wat die polisie bygestaan het in die arrestasie van die man wat na bewering die besigheid beroof het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'