GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Volgens jongste inligting is slegs die Mosselbaai Brand en Rampbestuursdienste ontplooi om 'n veldbrand in die Haelkraal-omgewing te beveg, hoewel 'n helikopter wel deur die Eden Distriksmunisipaliteit beskikbaar gestel is.
Na wat verneem word, woed 'n brand ook in die Albertinia-omgewing en is al die Eden distriksmunisipaliteit se brandbestryders daar ontplooi.
Die brand in Haelkraal beweeg tans in 'n diep kloof en daar word hard gewerk om te keer dat dit 'n denneplantasie daar naby bereik.
Lees vorige artikels:
• Mopping up at Great Brak fire
• Update: Great Brak River fire
• Houses threatened by fire
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'