GOURTISMOND EN ALBERTINIA NUUS - Eskom het die elektriese kragtoevoer na Gouritsmond as ’n veiligheidsmaatreël afgeskakel weens die huidige veldbrand in die gebied.
Volgens ’n kennisgewing wat Hessequa-munisipaliteit uitgereik het, sal die elektriese kragtoevoer afgeskakel bly totdat brandweerdienste bevestig dat dit veilig is om die toevoer te herstel.
Inwoners word versoek om alle elektriese installasies te alle tye as lewendig te hanteer, aangesien die kragtoevoer sonder vooraf kennisgewing herstel kan word.
Die munisipaliteit bedank inwoners vir hul geduld en samewerking en maan almal om veilig te bly.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’