Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 43-jarige onderwyser van Laerskool Park verskyn vanoggend in die Mosselbaai-landdroshof op minstens 19 aanklagte wat verband hou met verkragting, seksuele gereedmaking, seksuele aanranding, die blootstelling van kinders aan pornografie en die gebruik van ‘n kind om kinderpornografie aan te skaf.
Die verdagte is op 20 September by die skool in hegtenis geneem.
Hy is sedertdien in aanhouding en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.
Polisiewoordvoerder sers. Chris Spies sê die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie persele in Mosselbaai gebeur.
Die verdagte se identiteit kan nie bekend gemaak word nie om die identiteite van sy kinders en die slagoffers te beskerm.
Vorige artikels:
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’