Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die 19de NSRI stranddraf het vanoggend by Dias strand plaasgevind.
Die geleentheid is in 2000 deur John Deacon ge-inisieër en het altyd op die 1ste Januarie plaasgevind.
Daar was egter baie navrae om dit te skuif en hierdie jaar, het die hoë gety, die skuif geregverdig.
Kyk 'n video hieronder:
Party draf, party stap en part drafstap maar almal geniet die geleentheid.
Elne Conradie en Llewellyn Viljoen het eerste klaargemaak.
Tonia Schonken is nog 'n bekende plaaslike atleet en sy het derde klaargemaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'