MOSSELBAAI NUUS - Fred van Zyl (78) het onlangs aan beide die Afrika- en Suid-Afrikaanse Driekamp- Aquabike-kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem en met twee goue medaljes teruggekeer huis toe.
Van Zyl het op 6 April, aan die aquabike-afdeling van die kampioenskappe deelgeneem - dit is die driekamp minus die draf. Hy is nie net die beste in die land in sy ouderdomskategorie (75-79) nie, maar die beste in Afrika.
By dié geleentheid in Gqeberha was Van Zyl ook (oudergewoonte) die oudste deelnemer.
Mossel Bay Advertiser het vroeër vanjaar oor Van Zyl berig waar hy 'n bietjie meer oor sy lewe en sy huidige belangstellings gedeel het. Sport was nog altyd 'n groot deel van sy lewe. Sy gunstelingsport in hierdie stadium is bergfietsry en aquabiking, wat 'n kombinasie van swem en padfiets is.
Op 78-jarige ouderdom het hy raad aan oud én jonk: "My raad aan jongmense is om nooit op te hou met hul sport en oefeninge nie, en die ouer garde: dis nooit te laat om te begin oefen nie - eerder laat as nooit!"
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’