Update
MOSSELBAAI NUUS - Ingenieurs het die afgelope Vrydag, 12 Augustus besoek afgelê by Santos Haven-aftreeoord op Mosselbaai om 'n verslag saam te stel, nadat die dak van die oord se eetsaal op Dinsdag, 9 Augustus inmekaar getuimel het.
'n Boukon-trakteur was op die betrokke dag glo besig om lekkasies aan die dak bó die eetsaal reg te maak, toe die voorval plaasgevind het.
Niemand, ook nie die personeel wat op die dak gewerk het, is tydens die voorval beseer nie.
Die waarnemende bestuurder van Santos Haven het verlede week aan Mossel Bay Advertiser gesê die aftreeoord beplan nie om nou al 'n verklaring oor die voorval uit te reik nie.
Die aftreeoord wou nie meer besonderhede van die voorval, of die plan vorentoe aan die media bekend maak nie.
'n Inwoner van Santos Haven het aan die Advertiser gesê inwoners van eenhede wat deur die voorval geraak is, word deur die ander dienssentrum se kombuis van kos voorsien.
Die voorsitter van die uitvoerende komitee van die Mosselbaai Rotariërklub, Fiona Williamson het die afgelope week aan die Advertiser gesê hulle wag steeds op die ingenieursverslag.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'