MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Muurbalklub is opgewonde om hierdie week van Suid-Afrika se beste muurbalspelers te verwelkom.
Jean-Pierre Brits, voormalige SA-kampioen, bied 'n oefenkamp aan as voorbereiding vir die spelers se volgende toernooie hierdie jaar.
Luhann Groenewald is SA se beste o.19 speler en gaan volgende week aan die Wêreld Junior Kampioenskappe in Houston, Texas deelneem.
Hy is 'n opwindende speler wat met twee hande speel, 'n styl wat nie algemeen is in muurbal nie, sê Brits.
Jonty Matthys, SA nommer 5, en Damian Groenewald, Suid-Afrika nommer 1, doen ook hulle voorbereiding vir volgende week se Growthpoint IPT wat in Kaapstad plaasvind. Matthys en Groenewald is Protea-muurbalspelers en Brits meen dit is fantasties om die gemeenskap bloot te stel aan hierdie gehalte spelers.
Al vier spelers gaan Woensdag, 3 Julie, 'n vertoonwedstryd speel by Mosselbaai Gholfklub.
Die geleentheid is gratis om by te woon vir die publiek en begin om 18:00.
"Nooi jou familie saam en geniet top-gehalte muurbal in ons tuisdorp," sê Brits.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’