MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Danabaai is die trotse draer van 'n nuwe skoonheidstitel.
Verlede week het die Mossel Bay Advertiser berig oor 'n nuwe intrekker van Danabaai wat voor die nasionale inperking vir die Me Krugersdorp-kompetisie, waarin sy as finalis gekies is ingeskryf het.
Tydens die kroningsplegtigheid op 21 November, is Minette Oelofse (35) as Me Krugersdorp gekroon.
Minette en haar man, Ruan het onlangs na Danabaai verhuis en het aan die Advertiser gesê of sy die kroon wen al dan nie, sy hier in Mosselbaai haar liefdeswerk wil voortsit.
"Ek wil graag hier plaaslik voortgaan om die gemeenskap te help en terug te ploeg."
Minette Oelofse (35) word hier gekroon as Me Krugersdorp by die kroningsplegtigheid op 21 November.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'