MOSSELBAAI NUUS - 'n Finalis in die Me Krugersdorp-kompetisie en tans 'n inwoner van Danabaai sê of sy die titel wen of nie, sy wil steeds 'n verskil in mense lewens maak.
Minette Oelofse (35), het onlangs saam met haar verloofde Ruan Marais hierheen verhuis. Voor die nasionale inperking het sy as inwoner in Krugersdorp vir die Me Krugersdorp kompetisie ingeskryf. Intussen, met die verhuising na Danabaai, was die kompetisie nog nie afgehandel en gaan die kroning eers op 21 November plaasvind.
Minette sê sy wil graag hier plaaslik voortgaan om die gemeenskap te help en terug te ploeg.
"Ek glo en vertrou en weet ons elkeen het 'n doel op die aarde," sê Minette.
"'n Kroon op jou kop is nie net ‘n kroon nie, ‘n mens werk hard om dit te verdien," meen Minette. Haar hart, ore en hande is nooit te besig om mense te help nie. "Liefde, omgee, goeie maniere asook kennis kan jou ver in die lewe bring”. Haar leuse is: "Dress how you want to be addressed."
Minette gaan ook plaaslik 'n skoonheidsalon oopmaak en sien daarna uit om nuwe mense te ontmoet en te bederf.
Sy wil ook by skole in die Tuinroete oor #pinklips #imsecond #saynotobullying gaan praat. Sy wil ook graag ‘n skoonheidskompetisie in die Tuinroete begin. “We cannot all do great things, but we can do small things with great love,” sê Minette.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'