Update
MOSSELBAAI NUUS - Twee broodwinners is op Vrydag, 12 Maart in 'n grusame botsing naby Friemersheim dood.
Die voorval het om ongeveer 18:00 op die Groot Sorgfontein-pad buite Groot-Brakrivier gebeur.
Kommunikasiebeampte van die polisie op Groot-Brakrivier, sers Laurianne Botha sê die oorledenes, Xander Keyser (35) en die 45-jarige Stephanus Fourie, was in 'n Ford Bantam-bakkie toe hulle kop-aan-kop met 'n wit Isuzu-bakkie gebots het.
Die Ford het aan Keyser behoort en 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat hy en Fourie die bakkie vir 'n toetsrit geneem het. "Die mans wou iets kyk en het die bakkie vir 'n toetsrit geneem," sê Botha. Hulle het vanaf Friemersheim in die rigting van Groot Brak gery toe die voorval plaasgevind het.
Die bestuurder van die Isuzu het slegs ligte beserings opgedoen.
Botha sê die vermoede bestaan dat daar iets met Keyser se bakkie fout gegaan het en die mans toe met die ander bakkie gebots het. Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare mansslag.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'