GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot Brak Primêr se skoolhoof, D.G. Rhoode, het Woensdag, 11 Junie, verjaar - en 'n hoof verjaar nooit alleen nie.
Die skool het die dag saam met hom gevier en hom ook hartlik met sy 56 jare gelukgewens.
"Ons wil baie dankie sê vir Meneer se opofferinge, die stille oomblikke waarvan min mense weet en die hoeveelheid tyd wat Meneer by die skool spandeer om ons skool op elke gebied te verbeter.
"Mag God Meneer ryklik seën."
Die departementshoof, Kirsten September, het 'n verrassing van die personeel aan hom oorhandig, waarna Gwyneth Crowley 'n pragtige boodskap gelewer het.
Sy het sy bynaam 'Demi', afgelei van Damacene Glenville, gebruik om hom te beskryf:
D - dankbaar
E - entoesiasties en energiek
M - moedig
I - integriteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’