GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Polisiebeamptes van Groot-Brakrivier het onlangs afskeid geneem van sers Thembi August wat op 31 Mei, na 14 jaar uit die polisiediens getree het.
Thembi is op 13 Februarie 2004 aangestel en het sy polisieopleiding by die Oudtshoorn-opleidingsinstituut voltooi.
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais beskryf Thembi as geliefd onder sy kollegas en die gemeenskap van Groot-Brakrivier. "'n Man wat sy werk geken het en leierseienskappe getoon het. 'n Positiewe mens, doelgerig en alyd op 'n drafstap en sy energie was aansteeklik. Klein van postuur, maar groot van hart."
Thembi was tot onlangs die sektorbevelvoerder van die plaasgebiede en in bevel van die meeste operasies in die stasie se wyk. Hy was ook vir die afgelope drie jaar aangewys as die bes presterende lid.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'