GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Charlie Laubser (44), ’n inwoner van House of Valor-halfweghuis in Friemersheim, is as vermis aangemeld.
House of Valor is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat verslaafdes help ná hulle reeds deur die rehabilitasieproses is. Laubser woon reeds sedert Desember daar.
Volgens die Groot-Brakrivier-polisie is hy Maandag 7 Julie laas by die organisasie gesien.
Enigeen wat moontlik vir Laubser gesien het of inligting het wat kan help om hom te vind, kan die Groot-Brakrivier-polisie by 044 620 8300 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’