Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die jaarlikse deurbraak van die Groot-Brakriviermond sorg gewoonlik vir ’n indrukwekkende gesig van swaar masjinerie en massas water.
Dít was weer verlede week die geval toe die Mosselbaai-munisipaliteit volgens sy goedgekeurde riviermondbestuursplan die mond oopgemaak het.
Volgens die munisipaliteit is dit noodsaaklik om die natuurlike riviermondingfunksionering te herstel, watergehalte te verbeter en vloedrisiko te verminder.
Voorbereiding is vroeg in verlede week gedoen sodat die mond op 19 September oopgemaak kon word. Die Wolwedansdam se sluise is op dié dag van 05:00 tot 12:00 oopgemaak, waarna die mond suksesvol om 15:45 deurgebreek is.
‘Algekomberse’ het ná die breuk by die riviermond uitgespoel. “Dit is een van die redes waarom dit ’n ekologiese breuk genoem word,” sê die munisipaliteit.
’n Fotograaf, Susan Pretorius, het beide die voorbereiding asook deurbraak op 18 en 19 September afgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’