Video
DANABAAI NUUS EN VIDEO - Danabaaier Rian Brandt is op ‘n reis na Lambertsbaai as deel van ‘n bewusmakingsveldtog vir CapeXit se onafhanklikheidsideale.
Die organisasie bepleit dat Weskapenaars die konsep van ‘n onafhanklike Wes-Kaap ondersteun.
Brandt het op 1 Februarie in Plettnbergbaai met sy reis begin en sal volgens beplanning môre, 4 Februarie om 09:30 by die Punt aandoen.
Vandag, 3 Februarie is hy met ope arms op Groot-Brakrivier verwelkom. Hier ontvang hy ‘n geskenkpakkie van Gerhard Moolman, die bestuurder van De Dekke Spar, Groot-Brakrivier.
Kyk 'n video hieronder:
Brand en sy vrou, Anel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'