Update
MOSSELBAAI NUUS - Ouers van laerskool-kinders in die Buisplaas-omgewing veg steeds vir daaglikse busvervoer vir die 22km-roete wat hul kinders tussen Buisplaas en Laerskool Herbertsdale moet aflê om skool toe te gaan.
Die WKOD het op Dinsdag, 24 Januarie laat weet dat die distrik en skool nie die ouers se versoek om daaglikse vervoer ondersteun nie, omdat die grondpad gedeelte van 10km potensiële gevare inhou indien dit daagliks gery sou word.
Chandre Stuurman, 'n prokureur by Equal Education Law Centre, het verduidelik dat die WKOD tegnies nie 'n beslissing gemaak het nie, maar net gesê het hulle ondersteun nie die ouers se versoek vir daaglikse vervoer nie.
'n Skrywe is Woensdag, 8 Februarie aan die Hoof van Onderwys van die Wes-Kaap, Brent Walters, gerig om so gou moontlik 'n duidelike aanduiding te gee oor die kwessie.
Sewe leerders maak nou van privaat-vervoer gebruik en twee leerders bly in private akkommodasie in Herbertsdale. Die ander 19 leerlders is noodgedwonge tydelik in Laerskool Herbertsdale se skoolkoshuis geplaas, omdat hulle ouers nie private vervoer kan bekostig nie.
Die Buisplaas ouers is ontevrede oor verskeie onreëlmatighede, onder andere seksuele boeliegedrag, wat oor 'n lang tydperk in die skoolkoshuis voorkom. 'n Saak van verkragting wat vier jaar gelede plaasgevind het, word in Maart aangehoor.
Vorige artikel: Buisplaas verkies busry en nie die koshuisverblyf nie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'