Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die sogenaamde bomdreigement wat die polisie op Groot-Brakrivier vanoggend ontvang het, was net ‘n oefening.
Polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha sê slegs sekere rolspelers het van die oefening geweet.
“Dit is belangrik dat ‘n oefening soos dié in die regte omstandighede gebeur. Personeel moet weet hoe om in so 'n situasie opgetree word."
Die hele gebou, asook persone wat in die aanhoudingselle by die polisiestasie aangehou word, is in die proses ontruim.
Die polisiestasie is intussen weer oop verklaar.
Vorige artikel: Groot-Brakrivier polisiestasie ontruim ná bomdreigement
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’