Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS: 'n Inwoner van Greenhaven, Groot-Brakrivier het weer Dinsdag, 11 Februarie, op aanklagte van bedrog in die landdroshof op dié dorp verskyn.
Polisiewoordvoerder sers Lauriane Botha het bevestig Dwayne Murray, glo 'n sweiswerker, is op 14 Desember by sy woning in Greenhaven in hegtenis geneem.
Hy bly steeds in aanhouding ná sy mees onlangse verskyning.
Sy saak is uitgestel na 4 Maart vir verdere ondersoek.
Een van Murray se beweerde slagoffers is 'n Groot Brak-inwoner en sakeman, Arthur van Vuuren.
Van Vuuren beweer hy is in September 2024 deur Murray ingedoen.
Van Vuuren het verlede jaar op Facebook 'n advertensie geplaas waarin hy versoek dat iemand hom met sweiswerk sal bystaan om 'n hek te maak.
Murray het gesê hy sal met die werk kan help, maar het ná hy reeds 'n betaling ontvang het, glo nie sy kant gebring met die werk nie, waarna Van Vuuren twee bedrogklagte teen hom aanhangig gemaak het.
Sedertdien is daar reeds 13 aanklagte teen hom.
Die ander sake teen hom is glo siviele sake en is onafhanklik deur verskeie slagoffers gemaak.
'n Ander slagoffer van Murray wat ook op Groot Brak woon beweer hy het haar uit meer as R2 miljoen geswendel.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser.
Vorige artikels:
Groot Brak sakeman met slap riem gevang
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’