MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het Woensdag, 15 Mei, ná 36 jaar afskeid geneem van André Fraser, senior bestuurder – inligting- en kommunikasietegnologie.
Fraser het gedurende sy loopbaan die gemeenskap in verskeie rolle as amptenaar gedien, insluitend, as assistent-stadsklerk in die laat tagtigerjare.
Hy het 'n belangrike rol gespeel in die bou en modernisering van die finansiële stelsel van die munisipaliteit en sy nalatenskap sluit ook Mosselbaai-munisipaliteit se inligting- en kommunikasienetwerk in.
“André het 'n kritieke revolusie in globale tegnologie deurgewerk en deurleef en hy het dit wat hy dekades aan gewerk het om te leer dikwels binne 'n paar maande na die munisipaliteit gebring. Hy en die IT-span is 'n gevallestudie vir die opvolgbeplanning wat Mosselbaai-munisipaliteit hard werk aan om te implementeer en te verseker dat die insette van 'n senior professionele persoon, wat na 'n loopbaan van drie en 'n half dekades vertrek, nie verlore raak wanneer hulle nie meer daar is nie,” het burgemeester, Dirk Kotzé met Fraser se afskeid vroeër vandeesweek in die Denpasar-kamer gesê.
Fraser was vir die grootste gedeelte van sy loopbaan by die munisipale gebou in Marshstraat werksaam. Gedurende die COVID-19 pandemie was Fraser instrumenteel in die oprigting van afgeleë kantore om voortgesette dienslewering te verseker. Baie van die tuiskantore is vandag nog in werking.
Hy het ook 'n deurslaggewende rol gespeel in die opstel van 'n aantal hoë maste, wat by reservoirs in en om die gemeenskap opgerig is. Fraser en sy span het ook die opstel van oudiovisuele opgraderings in die raadsaal verseker. Van 2003 het hy en sy span ook radioverbindings opgestel om kommunikasie tussen verskillende departemente te verbeter.
Betrokkenheid
Te midde van die voortdurende uitdagings van beurtkrag, het hy dit op homself geneem om te help met die opstel van alternatiewe en rugsteunkrag. “Ek het nooit in my wildste drome gedink dat hierdie dag so vinnig sou aanbreek nie. Ek is lief vir my werk en ek is lief vir die mense saam met wie ek werk, wat dit 'n baie emosionele punt in my lewe maak, veral na amper 36 jaar se diens aan die organisasie waarvoor ek baie lief geword het en alles aan toegewy het.
Om nie eers te praat van almal van julle wat vir my soos familie geword het nie. Ek sal dit vir altyd koester. Dit was inderdaad 'n reis, wat ek enige dag van voor af sou begin om dinge nog beter te doen,” het hy gesê.
“Toe ek by Mosselbaaimunisipaliteit begin het, was daar nie 'n enkele rekenaar in sig nie, net 'n handjievol hoofraamterminale waar al die finansiële insette vandaan en navrae hanteer is.
André Fraser
Dit het gebeur tot waar ons byna 600 rekenaars en gesofistikeerde datasentrums het wat talle korporatiewe oplossings gebruik. So, al wat ek vir julle almal probeer vertel, Rome is nie in 'n dag gebou nie, en as jy 'n visie het om dit te bereik, is selfs 36 jaar dalk te min om te kom waar jy regtig sou wou wees. Gee dit altyd jou beste kans,” het Fraser mee afgesluit.
Vroeër vanjaar het Mosselbaai NSRI Stasie 15 Fraser se betrokkenheid die afgelope 34 gevier met die diens wat hy gelewer het. “Ek wil André ook uitsonder oor sy betrokkenheid by die NSRI. Dit is 'n weerspieëling van sy benadering om Mosselbaai-munisipaliteit se inligting-, kommunikasie- en tegnologiedienste te laat werk en ook die vlak van diens wat hy gelewer het sedert hy by die munisipaliteit begin het.
Soos by die NSRI, het die werk, wat hy gedoen het veral as hoof van IT, mense op alle vlakke van die munisipaliteit, en by uitbreiding alle sfere van die Mosselbaai-gemeenskap, gedien,” het Kotzé gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’