MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Community Soup Drive in Highway Park het onlangs 80 gebruikte matrasse van Juan en Chandre Stoker, eienaars van Outeniquabosch Lodge & Venue in Brandwag, ontvang.
Die matrasse is op 5 Augustus aan behoeftige mense in die gemeenskap beskikbaar gestel.
Nadat die skenking op sosiale media bekend gemaak is, het inwoners in groot getalle opgedaag en al 80 matrasse is binne minute aan nuwe eienaars uitgedeel.
Die Stokers was tydens die geleentheid teenwoordig en was verras om te sien hoe groot die behoefte in die gemeenskap is.
Hulle het toe besluit om hul ondersteuning verder uit te brei en waar moontlik te help. Die Mossel Bay Community Soup Drive het hul dank uitgespreek teenoor die besighede en individue wat die organisasie ondersteun en help om 'n verskil in die gemeenskap te maak.
Enigiemand wat die organisasie met klere, kosbestanddele of enige ander vorm van hulp wil ondersteun, kan William by 082 387 6340 of Gillian by 078 331 6542 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’