Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Helpende Hand en Meridian Realty van Mosselbaai het Vrydag, 9 Desember, 'n groot verskeidenheid vroetelmoue by Huis Elsjé afgelewer.
Volgens Fransie Nortje van Meridian Realty is dit bevrydend om te kan gee as jy weet so iets gaan 'n groot hulp wees vir iemand anders.
Die vroetelmoue is versier met allerhande linte, knobbels, knopies en klokkies wat verskillende teksture bied waarmee mense wat aan Alzheimers ly, hul hande en vingers besig kan hou.
Nakkie Scherwick van Huis Elsjé, sê hulle is baie dankbaar vir die publiek en borge wat namens hulle uitreik na die gemeenskap.
"Ons waardeer en gebruik elke geskenkie. Dit is baie spesiaal." Nortje vervolg:
"Ons is dikwels so besig met bemarking, verkope en administrasie van huise dat ons verlore raak en vergeet wat in die dorp om jou aangaan. Hierdie is ons manier om te sê ons is hier en deel van die Mosselbaai-gemeenskap.
Veronica Hanekom, ook van Meridian Realty: "Ons wil iets terugploeg in die gemeenskap. Met die projek wil ons mense bewus maak van Huis Elsjé en aanmoedig om hulle te ondersteun. Die werk wat hierdie personeel doen, is fantasties. Ek het nog nooit mense met so baie geduld gesien soos hier nie. Hier het ek iets van menswees geleer." Meridian Realty wil die publiek bewus maak dat inbetalings gemaak kan word deur op Huis Elsé se webwerf in te gaan en die skakels na hul rekening te volg. Enige finansiële bydrae word verwelkom.
VIDEO - Fransie Nortje, Veronica Hanekom namens Helpende Hand en Nakkie Scherwick van Huis Elsjé.
VIDEO - Fransie Nortje en Veronica Hanekom lewer namens Helpende Hand vroetelmoue af by Huis Elsje.
Meridian Realty wil die publiek bewus maak dat inbetalings gemaak kan word deur op Huis Elsé se webwerf in te gaan en die skakels na hul rekening te volg. Enige finansiële bydrae word verwelkom.
Die vroetelmoue is versier met linte, knobbels, knopies en klokkies met verskillende teksture waarmee mense wat aan Alzheimers ly, hul hande, vingers en gedagtes besig hou.
Veronica Hanekom en Fransie Nortje (Meridian Realty) oorhandig die vroetelmoue wat deur Helpende Hand georganiseer is aan Nakkie Scherwick van Huis Elsjé in Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'