MOSSELBAAI NUUS - "My hart gaan uit na almal wat saam met my in “lockdown” is. Een van die slegste dinge van “lockdown” is die alleenheid. Alleenheid kan so maklik lei tot eensaamheid veral as ‘n mens nie ander mense om jou het nie en alleen bly. Met vandag se tegnologie hoef ‘n mens nie te vereensaam nie. Jy kan jou gees voed op verskeie maniere," só sê ds Gielie Joubert van die Komtuis-gemeente in Mosselbaai .
"Ek wil elkeen wat die behoefte daaraan het om gereeld ‘n bemoedigende dagstukkie asook elke Sondagoggend ‘n 10 minute preek te ontvang, uitnooi om aan my 'n WhatsApp te stuur na 072 137 3535. Ek sal dit dan graag aan julle stuur.
Moenie moed verloor nie. Jy is nooit alleen nie … al is jy alleen. Jesus het belowe: “Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld” Matt 28:19).
Die Bybel sê een van Sy name is ook Immanuel – God met ons! Jesaja 7:14 “Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ‘n seun hom Immanuel noem."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'