Annastacia September is op 30 Augustus laas by haar huis in Uitbreiding 8 gesien.
Sy het kort daarna volgens inligting na George gereis en vandaar na die Oos-Kaap vertrek.
Inligting ontvang van verskeie bronne wat boodskappe van September ontvang het, dui daarop dat sy op 4 September sou terugkeer.
Haar vriend sou haar na bewering in George oplaai en terugbring na Mosselbaai.
Onderweg na Mosselbaai, het die twee na bewering in 'n argument betrokke geraak waarna die man haar vermoedelik aangerand en toe êrens langs die pad afgelaai het.
Sy was onder andere geklee in 'n deminromp en het 'n goue polshorlosie aangehad.
Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van ontvoering.
Enige persoon met inligting, kan die ondersoekbeamptes kontak: sers Binneman by 044 606 2219 of 082 451 1402 of sers Bekker by 044 606 2275 of 078 667 6713.

Annastacia September
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'