Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 30-jarige Johan Counter, wat van die moord en verkragting op die 16-jarige Jamie Lee Julius verdink word, verskyn weer op Dinsdag, 2 Mei, in die Mosselbaai-landdroshof.
'n Streekhofdatum sal na verwagting Dinsdag bepaal word.
Counter is in hegtenis geneem nadat Jamie Lee se liggaam by 'n watertenk op 'n plaas buite Groot-Brakrivier op Sondag, 29 Januarie, ontdek is.
Jamie Lee het die vorige aand 'n partytjie by 'n huis op die plaas saam met haar 20-jarige suster en dié se vriende bygewoon. Sy is verkrag en gewurg. Counter het in Friemersheim gewoon en was op 'n plaas in die omgewing werksaam. Hy het Jamie Lee na wat verneem word eers die aand van die partytjie ontmoet.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die groep vriende in die huis gekuier en musiek hard gespeel het terwyl Jamie Lee buite was. Haar vriende het haar vermoedelik nie hoor skree nie omdat die musiek so hard was.
Counter is oorspronklik van Noupoort.
Hy ontken dat hy enigiets met die moord en verkragting te doene het.
Die ondersoekbeampte in die saak is ao Alistair Rezant van die Mosselbaai polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Vorige artikels:
- Jamie Lee-verdagte kry nie borg
- Borg aan Jamie Lee verdagte geweier
- Jamie Lee verdagte in hof
- Moordverdagte weer in hof
- 3 jongmense vermoor, 3 in hegtenis
- Verdagte help om meisie se liggaam na stort te dra
- Verdagte in hof in verband met Jamie Lee se moord, verkragting
- Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
- Tiener naby Groot-Brakrivier verkrag en vermoor
Jamie Lee Julius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’