Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Borgtog is op Vrydag, 17 Februarie in die Groot-Brakrivier-landdroshof aan die 30-jarige man wat van die verkragting en moord van die 16-jarige Jamie Lee Julius verdink word, geweier.
Die verdagte, Johan Counter is kort nadat Jamie Lee se liggaam deur haar 20-jarige suster op Sondag, 29 Januarie langs 'n watertenk op die plaas Vadersgawe naby Friemersheim ontdek is, deur die polisie in Groot-Brakrivier in hegtenis geneem.
Jamie Lee is verkrag en verwurg op Saterdagaand, 28 Januarie.
Counter bly in aanhouding en sal weer op 28 Maart in die hof verskyn.
Vorige artikels:
- Borg aan Jamie Lee verdagte geweier
- Jamie Lee verdagte in hof
- Moordverdagte weer in hof
- 3 jongmense vermoor, 3 in hegtenis
- Verdagte help om meisie se liggaam na stort te dra
- Verdagte in hof in verband met Jamie Lee se moord, verkragting
- Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
- Tiener naby Groot-Brakrivier verkrag en vermoor
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'