Update
MOSSELBAAI NUUS - Borgtog is vandag in die Groot-Brakrivier-landdroshof aan die dertigjarige man wat van die verkragting en moord van die 16-jarige Jamie Lee Julius verdink word geweier.
Die verdagte, Johan Counter is kort nadat Jamie Lee se liggaam deur haar 20-jarige suster op Sondag, 29 Januarie langs 'n watertenk op die plaas Vadersgawe naby Friemersheim ontdek is, deur die polisie op Groot-Brakrivier in hegtenis geneem.
Jamie Lee is verkrag en verwurg op Saterdagaand, 28 Januarie.
Counter bly in aanhouding en sal weer op die 28ste Maart in die hof verskyn.
Vorige artikels:
- Jamie Lee verdagte in hof
- Moordverdagte weer in hof
- 3 jongmense vermoor, 3 in hegtenis
- Verdagte help om meisie se liggaam na stort te dra
- Verdagte in hof in verband met Jamie Lee se moord, verkragting
- Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
- Tiener naby Groot-Brakrivier verkrag en vermoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'