MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Da Gamaskop-polisiestasie, buurtwag en Mosselbaai-gemeenskappolisieforum het by plaaslike skole besoek afgelê tydens 'n bewusmakingsveldtog.
Teddiebere is tydens die veldtog uitgedeel om die samewerking tussen die drie organisasies te herbevestig om veral veiligheid by skole en onder die leerders te verseker.
Nog skole sal besoek word om hierdie samewerkingsooreenkoms te verstewig.
Teddiebere is by skole uitgedeel as 'n blyk van ondersteuning. Hier is sers Johnathan Jansen, Hannelie Marais (Mosselbaai GPF), Ivan Kronenberg (skoolhoof van Hillcrest Sekondêre Skool), Connie Lichaba (buurtwaglid), Linden Baker (voorsitter van die Da Gamaskop-gemeenskappolisieforum) en Ronelle Marais.
Hierdie oulike teddiebere is uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'