Annastacia September, van Uitbreiding 8, Mosselbaai, is volgens die polisie laas in 'n rooi Ford Bantam-bakkie met 'n wit kappie gewaar.
Sy was betrokke by die Da Gamaskop-GPF.
Volgens die polisie, sou September vanaf George na die Oos-Kaap reis en sou sy deur haar vriend teruggebring word na Mosselbaai.
Inligting rakende September is gesirkuleer na polisiestasies en onder verskeie gemeenskappe in die streek.
Maandag het die Speurhoof van die Da Gamaskop-polisie, lt-kol Maurice von Egmond, kol Louis de Waal en Ao Eugene Marais van die SAPD se lugvleuel in Kaapstad vergesel per helikopter op 'n soektog in die Van Wyksdorp-, Albertinia- en Herberstdale-omgewing.
Polisielede was ook betrokke by voetpatrollies in hierdie areas, waar enige moontlik leidrade gesoek en opgevolg is.
Lede van die GPF en die publiek is ook deurentyd betrokke by die soektog.
Die saak word ondersoek deur sers Binneman en sers Bekker.
Enigiemand met inligting wat tot September se opsporing kan lei, kan hulle kontak by 044 606 2219, 082 451 1402, 044 606 2275 of 078 667 6713.
Annastacia September
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
Klik hier vir 'n verwante artikel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'