MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het 'n verklaring op Woensdag, 16 September uitgereik waarin hulle bevestig dat die jongste onaangename reuke wat inwoners in veral die Danabaai-omgewing raak, nie aan die onlangse probleem met chloor by die PetroSA-aanleg toegeskryf kan word nie.
Munisipale woordvoerder, Nickey Le Roux sê onlangse reuke is, na wat verneem word toe te skryf aan 'n ander middel, onbekend aan die munisipaliteit.
"Mosselbaai-munisipaliteit is nie verantwoordelik vir die handhawing van lugemmissiestandaarde nie." Die munisipaliteit kan egter bevestig dat die Garden Route Distriksmunisipaliteit, wat die mandaat het om lugemmissiestandaarde toe te pas, wel vandag met die personeel van PetroSA vergader om die probleem uit te sorteer.
Le Roux sê die munisipaliteit doen alles moontlik om die gemeenskap op hoogte te hou van verwikkelinge.
Navrae oor die onaangename reuke gerig kan word by 044 606 5000, of per e-pos na admin@mosselbay.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'