MOSSELBAAI NUUS - Een van Mossel Bay Advertiser se uitblinker vroue, Sersant Lauriane Botha, kommunikasiebeampte by die Groot-Brakrivier polisiestasie is op 'n drafstap besig met gemeenskapsprojekte.
Sy het verlede week vir die eerste keer die dorp se Klub vir Bejaardes toegespreek oor geweld teen vroue en hoe om hulself veilig te hou in die gemeenskap.
Botha het handige raad gegee oor hoe om hul handsakke veilig vas te hou, om seker te maak deure is gesluit en vensters is toe as hulle alleen tuis is.
Ook hoe om hul bank-pin veilig te hou as hulle Sassa geld kry. Sersant Botha sê: "Dis meestal klein veranderinge wat mens kan aanbring om jou huis en omgewing veiliger te maak."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'